SOETSUUR HOENDERLEWERS

SOETSUUR HOENDERLEWERS
Hoenderlewers in 'n soetsuur-sousie is regtig lekker. Bedien op Kamma Rys of Kamma Noedels. (Jy kan die hoenderlewers ook vervang met repies hoenderborsies as jy nie van lewer hou nie.)

500 g hoenderlewers, skoongemaak
30 ml botter
150 g uie, gekap
150 g groen soetrissie (of meng geel, rooi en groen)

Soetsuur Sous:

125 ml erythritol
125 ml asyn
60 ml suikervrye tamatiesous 
5 ml knoffelsout

Kook die hoenderlewers vooraf, indien verkies. Verhit die olie in 'n kastrol en soteer die knoffel, uie en soetrissies daarin tot sag. 
Meng die erythritol, asyn, tamatiesous en knoffelsout saam en gooi dit oor die uiemengsel. Voeg die hoenderlewers by en kook vir 2-4 minute tot die lewers net gaar is. Bedien warm.