MURGPAMPOENTJIE PLAATKOEKIES

MURGPAMPOENTJIE PLAATKOEKIES
Hierdie plaatkoekies is regtig lekker. Die geheim is om soveel as moontlik water uit die pampoentjies te pers, anders gaan die koekies moeilik omdraai en uitmekaar val. Bedien dit met suur room, salsa of room kaas.

500 g murgpampoentjies, gerasper
25 g parmessaan kaas, gerasper
2 eiers
100 g uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml droë basiliekruid
knippie fyn neutmuskaat
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
45 ml olie

Plaas die murgpampoentjies in 'n sif, sprinkel sout bo-oor en laat staan vir 30 minute. Skep uit in 'n skoon vadoek, en draai om al die oortollige water uit die pampoentjies te pers. Meng die murgpampoentjies, parmessaan, eiers, uie, knoffel en geurmiddels saam in 'n mengbak en meng goed. Verhit die olie in 'n braaipan en braai lepelsvol van die mengsel in die warm olie - so 5 minute aan elke kant, tot goudbruin en geset.